Ek neem gewoonlik sommer die skil van een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor. Dan versoet ek dit na smaak. Ek maak dit gewoonlik taamlik soet, want dit is soos ons daarvan hou. Jy proe maar tot dit soet ge-noeg is. So kan jy dan bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat jy gaan byvoeg. Dan laat 'n mens dit gewoon-lik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis.
Ek versnel die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink.
http://www.melenie.com/?p=280
No comments:
Post a Comment